Pageviews

What is the ECON Blog all about?

My photo
Potchefstroom, North West Province, South Africa
Hi, My name is Dr Alicia Fourie. I am a senior lecturer at the North West University Potchefstroom Campus. I lecture economics for first year students. This blog is my platform. I communicate through my blog to my students,therefore flipping the economic classroom. Students will find slides, video’s, links and posts here that will assist them in economics.

Monday, January 28, 2013

Wat is ekonomie?

Ons as mense het oneindige behoeftes, begeertes en wense wat vervul moet word, maar daar is altyd ’n tekort aan middele, hulpbronne en tyd. Alle behoeftes kan dus nie bevredig word nie en mense sal keuses moet maak. Sommige behoeftes en begeertes sal bevredig word, terwyl ander nie geniet kan word nie. Hulpbronne moet daarom so aangewend word dat ’n mens die meeste van sy behoeftes wel kan bereik. In Ekonomie gaan dit dus om die hulbronne wat ons het tot die beste van ons vermoe aan te wend sodat die grootste hoeveelheid van ons doelwitte bereik kan word.

Die sentrale probleem in ekonomie kan in een woord opgesom word: skaarsheid.  Skaarsheid beïnvloed almal. Neem byvoorbeeld jou inkomste of sakgeld wat jou pa vir jou gee in ag. Wat is jou maandelikse inkomste of sakgeld? Vergelyk nou hierdie inkomste of sakgeld met die koste om al jou materiële behoeftes te bevredig. Het jy genoeg geld om jou handboeke, kos, en ’n kas bier elke week te koop? Almal sal waarskynlik saamstem dat ons inkomste of sakgeld nie genoeg is om al ons behoeftes te bevredig nie. Ons moet almal keuses maak oor hoe om ons skaars inkomste of sakgeld optimaal te spandeer. Koop ek maandliks slegs een kas bier en al my handboeke? OF Koop ek net kos en bier en hoop ek kom my vakke deur?  


Ekonomie is dus die optimale aanwending van skaars middele of hulpbronne om sodoende meeste behoeftes te bevedig.




No comments:

Post a Comment