Pageviews

What is the ECON Blog all about?

My photo
Potchefstroom, North West Province, South Africa
Hi, My name is Dr Alicia Fourie. I am a senior lecturer at the North West University Potchefstroom Campus. I lecture economics for first year students. This blog is my platform. I communicate through my blog to my students,therefore flipping the economic classroom. Students will find slides, video’s, links and posts here that will assist them in economics.

Monday, April 29, 2013

Vraag en Aanbod in Aksie



Wat is vraag? Wat is aanbod? Wat is ewewig? Wanneer is daar 'n tekort en wanneer is daar 'n surplus?

Kyk gerus na hierdie video's om vraag en aanbod in aksie, beter te verstaan.


Friday, April 19, 2013

Nog oefeninge (Hoofstuk 4 en 7) / Additional exercises (Chapter 4 and 7)

Vraag 1 / Question 1
Consider the market for Coke consumed in South Africa.  For each of the following scenarios, explain whether it could be illustrated by a movement along the demand or supply curve or by a shift of the demand or supply curve.
·         The price of Pepsi, a substitute for coke increases.
·         The price of Coke decreases because of a large increase in the production of Coke
·         The average income of households increases
·         Newspapers report widely that medical research has confirmed that Coke is bad for your health
·         Coke floats become more popular
·         The price of sugar used in the production of Coke decreases
·         Workers in the Coke factory go on strike

Vraag 2 / Question 2
Imagine the market for Blackberry’s can be represented as follows:
Qd = 100 000 – 1000P and
Qs=-20 000 +2000P
Calculate the equilibrium price and quantity algebraically. 

Vraag 3 / Question 3
Gebruik die Inkome Metode om die waarde van BBP te bereken in die volgende geval:

Liezl teel met vars water vis in Potchefstroom. Sy verkoop 100 visse aan ‘n wel bekende restaurant teen R25.00 elk.  Die restaurant verkoop die vis teen spyskaartprys van R85.00 elk.  Operasionele kostes vir die restaurant beloop R1 750 vir lone aan kelners en kombuispersoneel, R2 000 in huur vir die perseel en R850 in rente aan die bank vir die aanvangskapitaal.

Tuesday, April 16, 2013

Ekstra oefeninge Hoofstuk 4 en 7

Vraag 1

Veronderstel die volgende vraag- en aanbodfunksies geld in die mark vir ’n bepaalde kommoditeit:
PD = 6 – 2QD  
PS = 1 + 3 QS  
Bereken die ewewigsprys waarteen hierdie produk verkoop sal word en die ewewigshoeveelheid wat verhandel sal word. Illustreer dit grafies. 

Vraag 2

Gebruik die inligting wat volg en bereken die BBP volgens die produksie, inkome en besteding benadering:
Andre trou binnekort! Andre se broer betaal R20 000 aan sy beste vriend (Armand) om die ‘bachalor’s’ te organiseer. Armand koop van sy voorrade by LA Drankwinkel en betaal R12 000 daarvoor. Hy huur ook kelners om uit te help met die bediening van die drankies en betaal hulle R2 000. LA Drankwinkel betaal sy verskaffer (Makro) R6 000 vir die voorrade. LA Drankwinkel moet ook rente van R500 op hul uitstaande saldo’s betaal en huur van R1 500. LA Drankwinkel moet ook lone betaal aan sy werknemers wat R3 200 beloop. Makro betaal sy werkers lone ter waarde van R 3 500 en ook huur van R900. Makro betaal ook rente van R700 op ʼn uitstaande lening.


Vraag 3

Veronderstel dat die ekonomie van die Republiek van Zimba produseer slegs bier, chips en coke. Die volgende tabel toon die markpryse van hierdie produkte vir 1999 en 2013 (in Rand), asook die hoeveelhede geproduseer gedurende 2013. Gebruik 1999 as basisjaar en bereken:
Produk
Prys
(1999)
Prys
(2013)
Hoeveelheid (2013)
Bier
2.50
6.00
10 000
Chips
9.00
45.00
4 000
Coke
0.40
4.20
8 000

Bereken die nominale en reele BBP van in 2013.

 Vraag 4

Gebruik die volgende inligting om die land se NI en BBBMP te bereken:
Ekonomiese Veranderlike
Rand (miljoen)
BTW
R18
Pensioen-uitbetalings deur owerheid
R61
Persoonlike inkomstebelasting
R25
Vergoeding aan Mosambiekse arbeiders wat in S.A. werk
R52
Depresiasie
R20
Subsidies
R23
Invoere
R33
Uitvoere
R25
Kapitaalgoedere
R92
Vergoeding aan S.A. burgers wat kontrakwerk in Irak doen
R23
BBP @ markprys
R955


Vraag en Aanbod

Daar gaan in hierdie “post” bietjie gekyk word na vraag en aanbod en die ewewig tussen vraag en aanbod. Vraag verwys na die kopers op die mark en aanbod na die produksie of verkoopkant. Die verbruiker en produsent bereik mekaar op die mark en kom ooreen om ’n produk teen ’n gegewe prys te verhandel. Hierdie prys staan dan as die ewewigsprys op die mark bekend en teen daardie prys word slegs ’n ewewigshoeveelheid verkoop.

Dus, waar vraag en aanbod op die mark gelyk is, word ewewig bereik. Word die ewewig versteur ontstaan daar surplusse of tekorte en markkragte sal die mark weer terug lei na ewewig. By die ewewigspunt word verbruikers- en produsentesurplusse gegenereer, wat impliseer dat die markmeganisme vir almal voordele inhou en die leergedeelte sluit dan ook af deur daaraan aandag te gee.




In terme van vraag skenk spesiale aandag aan:
·                wat die konsep van vraag behels
·                determinante van vraag en prys
·                vraagvergelykings
·                tabelle wat vraag aandui of vraagskedules
·                markvraag en die grafiese afleiding daarvan
·                die verskil tussen verandering in die hoeveelheid gevra en verandering van vraag

 In terme van aanbod skenk spesiale aandag aan:
·                die definisie van aanbod
·                determinante van individuele aanbod
·                aanbod skedules en grafieke
·                markaanbod en determinante daarvan
·                verandering in die hoeveelheid aangebied en verandering in aanbod