Pageviews

What is the ECON Blog all about?

My photo
Potchefstroom, North West Province, South Africa
Hi, My name is Dr Alicia Fourie. I am a senior lecturer at the North West University Potchefstroom Campus. I lecture economics for first year students. This blog is my platform. I communicate through my blog to my students,therefore flipping the economic classroom. Students will find slides, video’s, links and posts here that will assist them in economics.

Friday, February 15, 2013

Die onderlinge afhangklikheid tussen die belangrikste sektore, markte en vloeie in die gemengde ekonomie.


Volgende week in klas gaan ons bietjie kyk na die onderlinge verband tussen die belangrikste sektore, markte en vloeie in die ekonomie. Die vloei van produksiefaktore tussen privaat huishoudings, firmas, die owerheid, finansiële instellings, soos banke, en die buiteland word aangetoon, asook die vloei van vergoeding, geld en/of fondse tussen hierdie sektore.


 
Wanneer daar gekyk word na huishoudings en firmas in ’n ekonomie kan ons sê dat alle faktore van produksie word deur huishoudings besit, want die besitters van grond, kapitaal, arbeid en die fabrieksbase het tog almal huise waarheen hulle na werk terugkeer. Firmas benodig hierdie produksiefaktore van huishoudings, terwyl huishoudings die produkte wat die firmas aanbied benodig. Daar is dus ’n onderlinge afhanklikheid en dit is die rede waarom daar faktormarkte en goederemarkte bestaan. Die een mark koop en verkoop faktore van produksie en die ander goedere en dienste.


 
Kyk gerus na hierdie video ter voorbereiding vir klas.

No comments:

Post a Comment