Pageviews

What is the ECON Blog all about?

My photo
Potchefstroom, North West Province, South Africa
Hi, My name is Dr Alicia Fourie. I am a senior lecturer at the North West University Potchefstroom Campus. I lecture economics for first year students. This blog is my platform. I communicate through my blog to my students,therefore flipping the economic classroom. Students will find slides, video’s, links and posts here that will assist them in economics.

Friday, February 22, 2013

Kom ons gooi die owerheid in die inkomste en bestedingskringloop in


As ons kyk na die rol van huishoudings en firmas in die ekonomie (soos hierbo uitgebeeld) sal ons sien dat alle faktore van produksie deur huishoudings besit word. As jy daaraan dink maak dit sin want al die besitters van grond, kapitaal, arbeid en die fabrieksbase het tog almal huise waarheen hulle na werk terugkeer. Firmas aan die ander kant benodig hierdie produksiefaktore van huishoudings, terwyl huishoudings die produkte wat die firmas aanbied benodig. Daar is dus ’n onderlinge afhanklikheid en dit is die rede waarom daar faktormarkte en goederemarkte bestaan. Die een mark koop en verkoop faktore van produksie en die ander goedere en dienste. Let daarop dat die goedere – en dienstekringloop in een rigting beweeg en inkomste en besteding in die teenoorgestelde rigting.
Die owerheid/regering word in die kringloop by gegooi. Die regerings is die land se Fiskale Owerheid en sy vernaamste fiskale instrumente waarmee dit die ekonomie kan manipuleer is: Owerheidsbeteding (G) en belasting (T). Onthou owerheidsbesteding is 'n inspuiting in die ekonomie en belasting 'n lekkasie.

Maak seker dat u die ekonomiese kringloop kan teken en verduidelik.

1 comment:

  1. Goeie dag Dr ek wil net uitvind wat sal 'n besteding wees van die owerheid af ?

    ReplyDelete