Pageviews

What is the ECON Blog all about?

My photo
Potchefstroom, North West Province, South Africa
Hi, My name is Dr Alicia Fourie. I am a senior lecturer at the North West University Potchefstroom Campus. I lecture economics for first year students. This blog is my platform. I communicate through my blog to my students,therefore flipping the economic classroom. Students will find slides, video’s, links and posts here that will assist them in economics.

Tuesday, April 16, 2013

Vraag en Aanbod

Daar gaan in hierdie “post” bietjie gekyk word na vraag en aanbod en die ewewig tussen vraag en aanbod. Vraag verwys na die kopers op die mark en aanbod na die produksie of verkoopkant. Die verbruiker en produsent bereik mekaar op die mark en kom ooreen om ’n produk teen ’n gegewe prys te verhandel. Hierdie prys staan dan as die ewewigsprys op die mark bekend en teen daardie prys word slegs ’n ewewigshoeveelheid verkoop.

Dus, waar vraag en aanbod op die mark gelyk is, word ewewig bereik. Word die ewewig versteur ontstaan daar surplusse of tekorte en markkragte sal die mark weer terug lei na ewewig. By die ewewigspunt word verbruikers- en produsentesurplusse gegenereer, wat impliseer dat die markmeganisme vir almal voordele inhou en die leergedeelte sluit dan ook af deur daaraan aandag te gee.




In terme van vraag skenk spesiale aandag aan:
·                wat die konsep van vraag behels
·                determinante van vraag en prys
·                vraagvergelykings
·                tabelle wat vraag aandui of vraagskedules
·                markvraag en die grafiese afleiding daarvan
·                die verskil tussen verandering in die hoeveelheid gevra en verandering van vraag

 In terme van aanbod skenk spesiale aandag aan:
·                die definisie van aanbod
·                determinante van individuele aanbod
·                aanbod skedules en grafieke
·                markaanbod en determinante daarvan
·                verandering in die hoeveelheid aangebied en verandering in aanbod

No comments:

Post a Comment