Pageviews

What is the ECON Blog all about?

My photo
Potchefstroom, North West Province, South Africa
Hi, My name is Dr Alicia Fourie. I am a senior lecturer at the North West University Potchefstroom Campus. I lecture economics for first year students. This blog is my platform. I communicate through my blog to my students,therefore flipping the economic classroom. Students will find slides, video’s, links and posts here that will assist them in economics.

Tuesday, April 16, 2013

Ekstra oefeninge Hoofstuk 4 en 7

Vraag 1

Veronderstel die volgende vraag- en aanbodfunksies geld in die mark vir ’n bepaalde kommoditeit:
PD = 6 – 2QD  
PS = 1 + 3 QS  
Bereken die ewewigsprys waarteen hierdie produk verkoop sal word en die ewewigshoeveelheid wat verhandel sal word. Illustreer dit grafies. 

Vraag 2

Gebruik die inligting wat volg en bereken die BBP volgens die produksie, inkome en besteding benadering:
Andre trou binnekort! Andre se broer betaal R20 000 aan sy beste vriend (Armand) om die ‘bachalor’s’ te organiseer. Armand koop van sy voorrade by LA Drankwinkel en betaal R12 000 daarvoor. Hy huur ook kelners om uit te help met die bediening van die drankies en betaal hulle R2 000. LA Drankwinkel betaal sy verskaffer (Makro) R6 000 vir die voorrade. LA Drankwinkel moet ook rente van R500 op hul uitstaande saldo’s betaal en huur van R1 500. LA Drankwinkel moet ook lone betaal aan sy werknemers wat R3 200 beloop. Makro betaal sy werkers lone ter waarde van R 3 500 en ook huur van R900. Makro betaal ook rente van R700 op ʼn uitstaande lening.


Vraag 3

Veronderstel dat die ekonomie van die Republiek van Zimba produseer slegs bier, chips en coke. Die volgende tabel toon die markpryse van hierdie produkte vir 1999 en 2013 (in Rand), asook die hoeveelhede geproduseer gedurende 2013. Gebruik 1999 as basisjaar en bereken:
Produk
Prys
(1999)
Prys
(2013)
Hoeveelheid (2013)
Bier
2.50
6.00
10 000
Chips
9.00
45.00
4 000
Coke
0.40
4.20
8 000

Bereken die nominale en reele BBP van in 2013.

 Vraag 4

Gebruik die volgende inligting om die land se NI en BBBMP te bereken:
Ekonomiese Veranderlike
Rand (miljoen)
BTW
R18
Pensioen-uitbetalings deur owerheid
R61
Persoonlike inkomstebelasting
R25
Vergoeding aan Mosambiekse arbeiders wat in S.A. werk
R52
Depresiasie
R20
Subsidies
R23
Invoere
R33
Uitvoere
R25
Kapitaalgoedere
R92
Vergoeding aan S.A. burgers wat kontrakwerk in Irak doen
R23
BBP @ markprys
R955


No comments:

Post a Comment