Pageviews

What is the ECON Blog all about?

My photo
Potchefstroom, North West Province, South Africa
Hi, My name is Dr Alicia Fourie. I am a senior lecturer at the North West University Potchefstroom Campus. I lecture economics for first year students. This blog is my platform. I communicate through my blog to my students,therefore flipping the economic classroom. Students will find slides, video’s, links and posts here that will assist them in economics.

Friday, July 19, 2013

Elastisiteite in 'n "nutshell"



In hierdie hoofstuk is eerstens aandag gegee aan die pryselastisiteit van vraag. Dit kan gedefinieer word as die persentasieverandering in die hoeveelheid van die produk gevra relatief tot die persentasieverandering in die prys van die produk. Daar is aangedui dat die pryselastisiteit van vraag gewoonlik negatief (-) sal wees, alhoewel slegs die positiewe waarde daarvan (of die absolute waarde) in ag geneem word.
In die meting daarvan is onderskei tussen punt- en boog-elastisiteit. Punt-elastisiteit meet die elastisiteit van ’n sekere punt op die vraagkromme, terwyl boog-elastisiteit die elastisiteit tussen twee punte op die vraagkromme meet.

Die nut van die pryselastisiteits-koëffisiënt is ondersoek en daar is tussen vyf pryselastisiteitskoëffisiënte onderskei, naamlik totale onelastisiteit (oneindige), onelastisiteit, eenheidselastisiteit, elastisiteit en totale (oneindige) elastiese vraag. ’n Waarde groter as 1 is relatief elasties en ’n waardekleiner as 1 is relatief onelasties of ongevoelig vir prysveranderinge.

Daar is verder aangedui dat die totale inkomste van ’n besigheid ’n by elastiese vraag sal toeneem indien die prys van die produk afneem, terwyl die totale inkomste by prysonelastiese vraag sal verhoog wanneer die prys van die produk styg. Indien die pryselastisiteit van vraag eenheidselasties is, sal die totale inkomste onveranderd bly, met ’n toename of afname in die prys van die produk.
Bron: Mohr en Fourie, Ekonomie vir Suid Afrikaanse studente

 Die faktore wat die pryselastisiteit van vraag beïnvloed, is ook geïdentifiseer en bespreek. Aandag is ook geskenk aan kruiselastisiteit wat aantoon tot watter mate die vraag na produkte styg of daal indien die pryse van substitute en komplimente verander.

Die gedeelte is afgesluit deur die pryselastisiteit van aanbod te bestudeer, wat gedefinieer word as die persentasieverandering in die hoeveelheid van ’n produk aangebied relatief tot (m.a.w. gedeel deur) die persentasieverandering in die prys van daardie produk. Daar is aangedui dat die pryselastisiteit van aanbod ’n positiewe (+) waarde het. Die koëffisiënte kan in vyf kategorieë verdeel word, naamlik, totale (oneindige) onelastiese, onelastiese, eenheidselastiese, elastiese en totale (oneindige) elastiese aanbod. Hierdie leergedeelte is afgesluit met faktore wat die pryselastisiteit van aanbod beïnvloed.

No comments:

Post a Comment